Description
Uitgewer: Voortrekkerpers
Datum: Eerste uitgawe 1971
Toestand: Hardeband met stofomslag, plakker voorin boek uitgeskeur, in puik toestand boek is waarskynlik nooit gelees nie, binne nog splinternuut,
Stofomslagontwerp : Annette Stork
R120.00
Die legende van Salmaklak is ‘n ou bekende langs die Vaalrivier en sy systrome. Dit geld veral die gebeid vanaf Klerksdorp weswaarts tot by die Modderrivier. Ons het met die legende grootgeword en het saans hoendervleis gekry as die grootmense wat saam met ons visvang, na sonsondergang nog ‘n rukkie wil vang, terwyl ons kan hoor hoe Salmaklak hier en daar waterbreek en iemand soek wat alleen loop. Hy doen dit nog.
Maar Wes-Transvaal se spoke het verdwyn, want ‘n motorkar het nie in die nag geweier om deur die spookhek te gaan nie. In spookdriwwe is brue gebou en geen ordentlike spook lol by ‘n betonbrug nie. Die motors se lampeh et spoke se speelvelde verlig en dan kan hulle nie baljaar nie. Hulle wou net flou maanskyn korhane, kiewietjies, kommandovoëls en miershope op ‘n kaal vlakte gehad het.
Spoke kon ook nie meer hulle geliefde sportsoort beoefen nie, watter spook is so eenvoudig om ‘n motorkar te jaag en soos ‘n groot swart gedierte langs sy agterwiele te rol? ‘n Spook is mos nie ‘n hond nie. Met perdekarre het hulle dit wel gedoen, maar sdis ‘n perd van ‘n ander kleur. Hiervan is Manienk my getuie. Ek het voor die grys Bantoe grootgeword.
Out of stock
Uitgewer: Voortrekkerpers
Datum: Eerste uitgawe 1971
Toestand: Hardeband met stofomslag, plakker voorin boek uitgeskeur, in puik toestand boek is waarskynlik nooit gelees nie, binne nog splinternuut,
Stofomslagontwerp : Annette Stork