Seisoene van die hart: Dagstukkies vir elke seisoen /Maartens, Maretha
R40.00
Winter, somer, herfs en lente – die vrou van vandag ken al hierdie seisoene. Sy ken die skok en die ekstase van swangerskap, die selfverwyt en leegheid na ‘n egskeiding: sy ken groei en somerson, genadelose koue en helder lig. Sy ween by die sterfbed van haar moeder en sy weet hoe om ‘n man se voet onder hom uit te slaan, sy bid en sy skaterlag, sy vergewe en neem besluite, sy dink en sy voél!
Jy is ‘n vrou. Seisoene van die hart is ‘n boek van ‘n vrou aan ‘n vrou. Mag jy op jou reis deur die seisoene van die gee die ontdekking maak dat daar steeds drie dinge is wat die lewe draagliker maak:
‘n skaterlag
gebed en die
besef dat jy nie alleen is nie.
Vier seisoene van groei toegewens – Maretha Maartens –
Out of stock