Description
Uitgewer: Voortrekkerpers
Datum: Eerste uitgawe, sesde druk 1975
Toestand: Hardeband met netjiese stofomslag, boek in puik en netjiese toestand, blaaie is vergeel, x bibboek met sakkie en stempel
R75.00
Voorwoord deur skrywer:
Ek sê opreg dankie aan Buks Naude omdat hy my daaraan herinner het dat duiweboerdery in Suid-Afrika die kinderskoene ontgroei het, bring ook ‘n dankie aan Bill Morkel, posduifkenner, vir sy vriendelike en gewillige hulp – en plaas hiermee ‘n kransie op die graf van my vader wat my as kind aangemoedig het om duiwe aan te hou en seker gemaak het dat ek na hulle omsien, en op dié van my moeder wie se hart elke keer wou breek as vader gevoel het dat die duiwe “uitgedun” moet word – en ek bieg dat ek vandag, na baie jare van grootmenswees, nog dikwels terugdink aan my eie gunstelingduif, Ou Dick, wat op my skouer gesit en pronk het, toe ek in die vroeë dertigerjare as kaalvoetseun deur Vensterstad se strate geloop het.
Die feitelike gegewens in my boek is korrek, maar Silwervlerk en sy maats en die karakters in hierdie boek bestaan net in my verbeelding.
1 in stock
Uitgewer: Voortrekkerpers
Datum: Eerste uitgawe, sesde druk 1975
Toestand: Hardeband met netjiese stofomslag, boek in puik en netjiese toestand, blaaie is vergeel, x bibboek met sakkie en stempel