Sjeg Joesoef /Du Plessis, ID

R80.00

Sjeg Joesoef van Makassar (Suid-Celebes), broer van die Koning van Goa, is in 1616 gebore. In 1646 het hy na Bantam (Java) gegaan waar hy met die dogter van Sultan Agoeng getrou het.

Die ou Sultan het sy troon aan sy seun, Sultan Hadji afgestaan, maar toe laasgenoemde onder die invloed van die Hollandse Oos-Indiens Kompanjie kom, het Agoeng probeer om weer die mag in die hande te kry. Hierin het Joesoef – prins, priester en mistikus, maar ook vurige vaderlander en moedige krygsman met ‘n groot aanhang in Bantam – hom gesteun.

Toe Agoeng die stryd laat vaar, het Joesoef nog byna ‘n jaar lank in moeilike omstandighede volgehou voordat hy deur sy dogter wat deur die Kompanjie gevange geneem is, oorgehaal kon word om sy keris aan die Hollandse goewerneur te oorhandig. Nadag die owerheid hom etlike jare in die Kasteel in Batavia aangehou het, is besluit dat dit veiliger sou wees om hom na Ceylon te stuur.

Ook daar is gevrees dat hy deur sy mense ontvoer sou word. In 1693 is hy met sy gesin, veertien vriende en ‘n paar bediendes in die Voetboog na die Kaap gestuur waar Simon van der Stel hom met die nodige eerbewys ontvang het.

Out of stock

SKU: DIG.AVW. 001/15 Category:

Description

Uitgewer: Nasionale Boekhandel

Datum: Eerste uitgawe 1970

Toestand: Hardeband sonder stofomslag -effense skaafmerke op buiteblad en boek se binnekant in puik toestand