Description
President-Uitgewers
Tweede druk 1964
Hardeband met stofomslag waarvan ‘n stuk afgeskeur is soos op die voorbladfoto te siene, boek nog mooi en skoon binne
R95.00
Skatte van die Suidpool vertel van die verblyf van dr. Hendrik Olivier en sy assistent Pieter Bergh en hulle manskappe op die Suidpool om navorsing te doen. Die hoofkarakter is die sewentienjarige Tinus van Heerden, wat die reis meemaak in sy reis na volwassenheid. Op die tog na die Suidpool word hulle reeds aan ontberings onderwerp, wat toeneem nadat hulle die bestemming bereik. Hulle beland eindelik in sulke lewensgevaar dat die kanse op redding maar skraal lyk. In beide hierdie boeke gebruik die skrywer sy wetenskaplike kennis om die agtergrond realisties in te kleur, al is die avonture suiwer denkbeeldig.
Out of stock
President-Uitgewers
Tweede druk 1964
Hardeband met stofomslag waarvan ‘n stuk afgeskeur is soos op die voorbladfoto te siene, boek nog mooi en skoon binne