Slagplaas / Koos Prinsloo

R80.00

Slagplaas voer die tema van wreedheid en seksuele eksplisietheid (veral binne die gay-paradigma) tot ’n uiterste in die Afrikaanse letterkunde. Die verhale word ’n slagplaas van politieke wreedheid, genadelose seksualiteit, fisieke woede, innerlike en geestelike geweld en die wreedheid en liefdeloosheid van menslike verhoudinge. Die fallus word tegelyk ’n seksuele wapen en ’n verwoester van die gees. Hierdie seksuele spel word verbind met die geweld in die Suid-Afrikaanse aktualiteit en met wreedheid elders in die wêreld. Tegelykertyd lê die verhale die wondbare en brutale menslike psige bloot en word die mens (leser) gedwing tot self-konfrontasie en tot die besef van geestelike onsuiwerheid. Selde in die letterkunde is lesers so gedwing om te kyk na dit wat hulle nie wil sien nie en te luister na dit wat hulle nie wil hoor nie. Die boek word veral ’n ondersoek na die eensaamheid binne die grootstad milieu en die vervlietende seksuele verhoudings wat dit moet besweer, met die anonimiteit van die karakters wat hulle weerloosheid binne hierdie milieu aksentueer.

Out of stock

SKU: FIKSIE.ALG.017/5/19 Category:

Description

Human & Rousseau

Tweede druk 1993

Sagteband nog in mooi toestand