Die avonture van Speurhond Willem (3 in een) / Elizabeth Wasserman

R230.00

Inhoud bevat:

Speurhond Willem op reis
Speurhond Willem en die seerowers
Speurhond Willem en die wilddiewe

Adriaan is ‘n valerige seun en nie uitermate goed in enigiets nie. Sy hond, Willem, is ‘n ander storie! Hy’s eintlik ‘n speurhond, ‘n superspesiale geheime agent-hond. Dit vind Adriaan uit toe Willem hom doodluiters een oggend inlig dat hy ‘n krat moet regkry sodat hulle daarin na Istanbul ge-“koerier” kan word.

Vanaf Istanbul lei die speurtog hulle ook na Venesië, Parys en Amsterdam – op ‘n soektog na die boef Sybrand Swiffervalk. Uiteindelik kan Willem sy geheime sending afhandel en hulle avonture eindig in Engeland.

En dit terwyl Adriaan se ouers dink dat hy op ‘n sokkertoer is . . .

Met swart-en-wit lyntekeninge deur Chris Venter.

Hierdie boek was die naaswenner in Die Burger (KleinB) en NB-Uitgewers se kinderverhaalkompetisie in 2009.

1 in stock

SKU: JEUG.LIN.005/3/24; JEUG.1093/2012 Category:

Description

Tafelberg

Eerste uitgawe eerste druk 2020

Sagteband soos nuut

Illustrasies: Chris Venter