Spoor / Sonja Loots

R85.00

Bo Pakhuispas raak ‘n vliegtuig los uit die lug. En val. Dis ‘n Junkers 86 van 61 Eskader wat met ‘n vrag laaghout op pad was na Brooklyn-vliegveld. Die loods, kaptein Blinkhorn, sterf op feitlik dieselfde oomblik dat ‘n rooikopdogtertjie haar eerste skreetjie gee – sonder aanmoediging van die verdwaasde vroedvrou. Ook bo Bobbejaansberg naby Elandsbaai raak ‘n vliegtuig verdwaal in die mis. En val. ‘n Seuntjie, aan’t speel in die vlak water van Verlorenvlei toe die Lockheed Lodestar neerstort, storm bergop en verbrand hom letterlik teen die vuurwarm silinderkas.  In die ambulans klou hy vas aan die koel hand van skout-by nag. Guys Waterhouse Hallifax, een van die tien gestorwenes.

Om dié gegewens bou Sonja Loots ‘n verhaal wat tegelyk oer-Afrikaans van inslag en magies realisties van aanbod is, ‘n verhaalwaarin die leser met toenemende fassinasie die spore van dié twee kinders tot in hul volwassenheid volg.

Sonja Loots, op 22 een van die jongste prosadebutante in Afrikaans, het in 1992 die eerste en tweede prys in Sanlam en Tafelberg se  Jong Stemme-wedstryd verower. Na’n  BA-graad aan die Universiteit van Stellenbosch, ontvang sy die Junior Woordkunsbeurs van die Stigting vir Skeppende Kunse en die M-Net Beurs vir Skeppende Skryfwerk, wat haar in staat stel om ‘n Honneurskursus in Afrikaans en Nederlands aan Rhodes Universiteit te volg. Sedert Januarie 1995  is sy voltyds redaksielid by Die Burder en werk sy deeltyds aan haar MA-graad.

 

Out of stock

SKU: FIKSIE.MBD.006/3/18 Category:

Description

Uitgewer: Tafelberg

Datum: Eerste uitgawe 1995

Toestand: Sagteband in puik en netjiese toestand

Omslagillustrasie: Teresa Williams