Sproetgesig / Gene Stratton-Porter (Libri-boek)

R60.00

Sproetgesig is die verhaal van ‘n eensame Ierse seun wat te midde van die rumoer en harde werklikheid van ‘n egte Amerikaanse boswerkerskamp opgroei. Moedig staan hy sy man, sluit vriendskapsbande en ontwikkel tot iemand vir wie die Limberlost ‘n groter betekenis kry. Hy ontdek die natuur en deur sy tere aanvoeling vir die diere en insekte van die woud, ontsluit daar vir hom ‘n heeltemal nuwe wêreld. In die woud ontmoet hy ook die Bosnimf- ‘n meisie wat vir hom as ‘n wese uit ‘n onbekende omgewing na die stilte van die Limberlost gekom het.

Gen Stratton is in 1868 op ‘n plaas in die distrik Wabash in die Amerikaanse staat Indiana gebore. In 1886 is sy met ‘n Mnr Porter getroud en is sedertdien bekend as Gene Stratton-Porter. Sy het besonder veel in die natuur belanggestel en reeds vroeg artikels oor die diere- plante- en insektelewe gepubliseer. Sy was ook ‘n goeie fotograaf en haar foto’s is as illustrasies vir haar artikels en boeke gebruik. Vir ‘n tydlank was sy verbonde aan ‘n tydskrif wat veel van haar geskrifte gebruik het. Die belangrikste titels van die groot aantal boeke wat sy geskryf het, is Freckles (1904) wat in 1905 ook in Engeland uitgegee is en reeds 49 drukke belewe het, Birds of the Bible (1909),  A girl of the limberlost (1913), Homing with the birds (1919) en haar laaste boek The keeper of the bees wat in 1924, die jaar van haar dood, uitgegee is.

1 in stock

SKU: FIKSIE.RIN.039/8/22 Category:

Description

Uitgewer:  J.L. van Schaik Bpk

Datum: Tweede druk 1963

Toestand: Hardeband met vlekke op voor en agterblad, voorste blady uitgeskeur en stempels en pen op voorste titelblady, plakker skeurmerke op agterste binneblad en vlekke en merke op sekere bladsye, bladsye al oud, vergeel en verweer op plekke

Oorspronklike titel: Freckles

Vertaler: In Afrikaans vertaal deur Sanet te Groen

Reeks: Libri reeks nr. XXVI