Description
Uitgewer: Naledi
Datum: Eerste uitgawe 2011
Toestand: Sagteband nuut aangekoop
Omslagontwerp: Johan Koortzen
R75.00
‘n Helikopter kom laag oor die bosse aangevlieg. Die helikopter, ikoon van wildbewaring in Afrika. ‘n Skoot klap. Die renosterkoei steier. Dan kom sy weer op die been en hardloop met menige om weg te kom van die gevaar. ‘n Tweede skoot klap. Dié slag struikel die koei en rol in die stof. Die saaagdraer druk die lem teen die basis va ndie horing, styf teen die vel…
In die jaar 2010 is 333 renosters in Suid-Afrika deur stropers vernietig en in 2011 is daar teen Augustus alreeds meer as 290 renosters gestroop. Dis die hartverskeurende werklikheid en gebeure waaraan Johan Fourie in sy boek, Stryd in die bos ‘n stem gee…
Johan skryf onderhoudend en met eerlikheid en passie oor die skemer wêreld van die stropers… Sy deeglike kennis van die veld, natuur en die taktiek wat die stropers gebruik, dra daartoe by dat hy die leser ‘n naelbytervaring gee oor ‘n saak wat elke Suid-Afrikaner na aan die hart behoort te lê!
1 in stock
Uitgewer: Naledi
Datum: Eerste uitgawe 2011
Toestand: Sagteband nuut aangekoop
Omslagontwerp: Johan Koortzen