Takao en Oupa se swaard / Yoshiko Uchida

R100.00

Takao wou tog te graag vir sy vader met die pottebakkery en die stook van die oond help, maar sy pa sê net altyd dat die tyd nog nie aangebreek het nie. Hy moet eers meer betroubaar word. Op ‘n dag spog Takao heeltemal onverantwoordelik teenoor sy maat Goro, en hy maar rusie met sy sussie Sumi, en die twee gebeurtenisse saam lei tot ‘n rampspoedige brand.

Takao sou enige iets doen om vir die skade te vergoed. Hy besluit toe om sy enigste kosbare besitting te verkop: die pragtige outydse swaard wat hy van sy oupa gekry het.

Voordat alles uiteindelik opgelos word, moet Takao heelwat leer oor ongeluk, moed, opoffering, onselfsugtigheid en trou.

Veel van die bekoring van hierdie eenvoudige verhaal lê in die terloopse en spontante manier waarop die Japanse lewenswyse geopenbaar word: ‘n wêreld waarin heelwat van ons eie te herken is, maar wat in talle opsigte ook gans anders is dat dit enige leser sal boei.

Out of stock

SKU: JEUG.WAV.004/8/20 Categories: ,

Description

HAUM

Eerste druk in Afrikaans 1971

Hardeband met mooi stofomslag in puik toestand

Oorspronklik in New York uitgegee onder die titel Takao and grandfather’s sword – 1958

Vertaal in Afrikaans deur Chris van Lille (Pseudoniem van André P. Brink)

Illustrasies: William M. Hutchinson

‘n Verklarende lys Japanse woorde verskyn agter in die boek.