Temmers van die Woestyn – Moordenaar in Wit / Braam Le Roux

R55.00

Skielik skiet vlamme die lug in.  ‘n Stuk van die olielamp het agter die toonbank te lande gekom en die spattende paraffien het nou heerlik vlam gevat.

“n Oomblik verblind die opskietende vlamme die oë van die kroeglêers.

Danie is reeds by die deur, en hy weet dat Henning kort agter hom is.  Opeens skree Henning, ‘n skoot knal en ‘n liggaam plof teen die grond neer.

Die volgende oomblik hardloop Danie hom teen ‘n liggaam vas.  Iemand vloek weer en Danie de Wet is daarvan oortuig dat dit “Killer” McKenzie is.

Iets kom met geweld op sy skouerblad neer.  Pyn skiet op in sy arm.  ‘n Sekonde later tref ‘n vuis hom teen die voorkop.

Sterre skiet voor Danie uit.  Hy vou inmekaar en is bewus daarvan dat sy liggaam die plankvloer laat tril.

Out of stock

SKU: FIKSIE.DON.009/9/3/22 Category: Tags: ,

Description

Sirkel Publikasies

No. 9 in die reeks

Sagteblad boek met verweer aan kante en effense skeur aan voorblad se linkeronderste hoek.  Binneblaaie is vergeel maar in goeie toestand.