Description
Tafelberg
Eerste uitgawe 2010
Sagteband splinternuut
R180.00
Meer en meer van dié grutonele word ontdek, in ’n populierbos op die Vrystaatse platteland, in ’n vervalle huis in ’n Johannesburgse voorstad, dan in ’n skuur op ’n kleinhoewe naby Pretoria: lyke wat aan die nek van ’n tak of ’n dakbalk hang, ooglopend wreedaardig tereggestel. En elke keer is daar op die tereggesteldes se bors ’n lys oortredings met daarby die embleem van ’n organisasie wat homself Kerk onder die Kruis noem.
Iewers tussen die Goudstad se mynhope en die Goudveld se slymdamme lê die antwoord op die jongste raaisel in die superintendent Pine Pienaar-misdaadreeks.
Out of stock
Tafelberg
Eerste uitgawe 2010
Sagteband splinternuut