Description
Lapa Uitgewers
Eerste druk 2006
Sagteband in nuwe toestand
Omslagontwerp: Tienie du Plessis
R120.00
Ware lag- en liegstories uit my douriewereld op met hierdie nuwe verhale uit die Boesmanland, vertel in die outentieke Boemanlandse taal wat so plesierig in mens se ore kom le, en wat die leser daardie wereld byna kan laat ruik en proe. Dis verhale oor gewone mense se pogings om ‘n bestaan te maak in hierdie ongenaakbare deel van die wereld, met humor en deernis. “Mense met drome. Mense met ideale. Mense wat, soos die binnedorpers, vorentoe wil mik in die lewe. Al ry die ongeluk die bultbewoners maar meestal bloots,” soos Fires van Vuuren se ouma gese het. Daar is tant Meraai, “‘n mollige ou dame met haar hare stewig in ‘n grys bolla agter haar kop vasgebind, die uitwaartse golwinge van haar gesette lyf daglank ingeperk tot die lapgrense van die blommetuin op haar voorskoot, ewigdeur mompelend, die kappie laag oor haar oe getrek” Dan is daar oom Kieriekop Kotze met bietjie hare op sy te klein koppie, en Hermias Volgraaff, die afgetrede boorman in sy huisie langs die eensame hoofstraat van Vanwyksvlei, wat elke Boesmanlander, lewendig en veral die dooies, by die naam ken. Om maar net ‘n paar te noem. Tussen kokerboom en kaiingklip is ‘n waardige opvolg en toevoeging tot die Afrikaanse kontreiverhaalskat.
Out of stock
Lapa Uitgewers
Eerste druk 2006
Sagteband in nuwe toestand
Omslagontwerp: Tienie du Plessis