Description
Essays uitgesoek en ingelei deur W.A. de Klerk
Tafelberg
Eerste uitgaw 1982
Hardeband met stofomslag, klein skeurtjies op bokant van die omslag boek nog skoon en netjies
R100.00
Marthinus Versfeld, filosoof en lewenskunstenar is die bekendste onbekende skrywer in Afrikaans. Hy loop – agter sy taaiboskierie aan – nou reeds dekades lank sy eie rustige pad deur die verwarrende denke en doene van die wêreld waarin ons woon.
So skryf hy ook sy Afrikaans: padlangs en voetsaam, helder verlig deur die insig van die oomblik, tydig en tydloos.
Die geskape wêreld waarin hy beweeg, is die maakwerk van ‘n inwonende God, ‘n prosagedig sonder einde. Hy skryf oor huise omdat heiligheid daar woon, oor die Heilige Augustinus omdat hy sy vriend is, oor die vriendskap tussen filosowe en pampoene, oor die verhouding tussen tyd en musiek, tussen dae en ewigheid, en veral tussen reguit dink en reguit doen. Ook oor Leipoldt, oor Sokrates, oor spoed, oor werkkamers en moraliteit wat nie moralisme is nie. Hierdie versameling essays is kopstukke, saamgestel uit ‘n hele lewenswerk.
Out of stock
Essays uitgesoek en ingelei deur W.A. de Klerk
Tafelberg
Eerste uitgaw 1982
Hardeband met stofomslag, klein skeurtjies op bokant van die omslag boek nog skoon en netjies