Vallei van die skedels / H.J. Vermaas

R90.00

Meteens rys die honde se rughare en hulle grom. Hulle retireer teen Flippie se bene vas. Hulle is woedend, maar tegelyk bang. Wat ook al in die donker aangesluip kom, het nou sy wese aan hul verraai. Waarom is die honde so bang? Flippie ken hulle nie so nie. wat se gedierte kruip op die uitspanning af?

Vannag sal die groepie jagters wat die ver oor die Gariep in die wildernis gewaag het, nog nie ‘n antwoord op dié vraag vind nie. Maar dit is belangrik dat hulle weet wat se ding hier woon voordat Grootgiel en sy maat Piet op die spoor van die olifante gaan en die seuns en die slawe hier agterbly.

Grootgiel het die middag van ver af die ding gesien: ‘n Groot, lompe gestalte wat nogtans verbasend vinnig beweeg. Hy kon nie dink wat dit kan wees nie: ‘n groot aap, ‘n wilde inboorling of dalk ‘n gans onbekende dier?

“As ek weet dis ‘n mens, sal ek gerus voel”, het Grootgiel gesê toe hulle die ding se spoor gaan soek.

Eers later, na bittere ervarings,het Grootgiel besef hoe verkeerd hy geoordeel het.

Dié verhaal, wat omstreeks 1825 speel, is op historiese gegewens gegrond.

Out of stock

SKU: FIKSIE.ALG.1480/2011 Category:

Description

Nasionale boekhandel

Eerste uitgawe 1965

Hardeband met stofomslag, stuk van die omslag aan bo- en onderkant was omgevou en daar is sellotapemerke op die binneblaaie en blaaie is vergeel maar boek is nog skoon en netjies. Skoolstempel is piepklein op titelblad gestempel, potloodaantekeninge in boek.