Sonskyn en intrekreën / H.J. Vermaas

R110.00

Na die wildehonde onder die groot trop gemaai het, het hope verskeurde bokke op die veld bly lê. Die leeus wat heelnag daar feesgevier het, was selfs teen die oggend nog traag om weg te gaan. Toe die Boesmanjagters met blye uitroepe die groot vleis ontdek, lê die maanhaar vlak by hulle onder die baakhoutbome.

Hierdie skielike ontmoeting kos nie alleen die Boesmanleier se lewe nie, vir die die leeu is ook rampspoedig. Hy word met ‘n gifpyl in die skouer getref, ‘n wond wat hom byna laat sterf. Daarna, verstote deur sy trop en te swak om te jag, begin hy mense vang. Dis met dié leeu, ‘n verskrikking soos daar min in die natuur is, dat Dirk Uys te doen kry, pas na hy sy nuwe plaas op die Hoëveld uitgery het. Hy kom gou agter dat die mensvreter anders is, jy kan nie op hom jag maak soos op ‘n gewone leeu nie. En die bedreiging wat hy inhou, raak ook ander dinge: die skaafplekke in menslike verhoudings waarvan hulle net halfbewus was, word nou oopgekrap.

In hierdie verhaal val die lig om die beurt op die pioniersgesin, die inboorlinge en die wilde diere, maar almal is tog weer deel van een grootse stuk lewe, gesien teen die wye doek van die Hoëveldse natuur. Daar is ‘n onmiddelikheid in Vermaas se skildering van die veld deur die wisselende seisoene, en die historiese sfeer van die pioniersgeslag met hul vernuf, vindingrykheid en veldlore word deur hom op oortuigende wyse herskep.

2 in stock

SKU: FIKSIE.JUS.014/4/5/22 ; FIKSIE.(B).ALG.512/19 Category:

Description

Tafelberg

Eerste druk 1971

Hardeband met stofomslag , boek in skoon en netjiese toestand,