Description
Kwela Boeke
Eerste uitgawe eerste druk 2010
Sagteband oorgetrek met kleefplastiek en boek is soos nuut, behalwe vir die naam voorin die boek
R120.00
Dulcie-Anne Douglas is ‘n miljoener – op skrif. Twee jaar gelede is haar man oorlede in ‘n treinongeluk, en toe die polis uitbetaal is, het sy in ‘n japtrap vir haar en die kinders ‘n smart huis in die woonbuurt van Roxy gekoop. Weg van Gumaville se arm bure en vuil brakke.
Maar Gumaville se inwoners wil haar eenvoudig nie los nie. Veral nou na haar skoonsuster Hanna se begrafnis word haar drumpel skielik deurgetrap. As dit nie haar swaer Sparkie is nie, is dit haar seun Ashwin se onbeholpe gilfriend Lucretia, of die welaf eiendomsagent Rocky van der Merwe. Kan almal om haar haar nie ‘n slag in rus en vrede laat nie? Wat moet die bure dink?
1 in stock
Kwela Boeke
Eerste uitgawe eerste druk 2010
Sagteband oorgetrek met kleefplastiek en boek is soos nuut, behalwe vir die naam voorin die boek