Description
Skrywer: Eugene Pienaar
Formaat: Sagteband
Bladsye: 152 bladsye
R140.00
VRYGESPREEK is ‘n bundel met 32 daaglikse oordenkings wat op Paulus se brief aan die Romeine gebaseer is. In teenstelling met vele dagstukkie bundels wat vandag in Afrikaans op die mark beskikbaar is, is VRYGESPREEK ‘n poging om oordenkings met meer substansie te verskaf deur die Skrif vers vir vers te bestudeer. Maar benewens agtergrond inligting en konteks, word die Skrif ook toegepas en word gepoog om ‘n boodskap in elke dag se gedeelte te vind. Die doel is om nie slegs inligting deur te gee nie, maar ook geestelike voedsel te verskaf wat die leser op sy of haar wandel met die Here kan gebruik. Die verwagting is dat dit die leser sal aanspoor om die Skrif meer in geheel te bestudeer ten einde geestelike groei aan te wakker.
Die boek is in maklik leesbare taal geskryf en is geskik vir gebruik tydens persoonlike stiltetye of Bybelstudiegroepe.
Out of stock
Skrywer: Eugene Pienaar
Formaat: Sagteband
Bladsye: 152 bladsye