Description
Umuzi
Eerste uitgawe eerste druk 2015
Sagteband in mooi en skoon toestand so goed as nuut, een puntjie van die boek effens gebuig en naam van vorige eienaar voorin
R95.00
Mike Nicol is die skrywer van die Revenge Trilogy en Dieners & Donners. Sy boeke word wêreldwyd uitgegee en sy drieluik het die Krimizeit top 10 in Duitsland gehaal. Hy woon in Kaapstad.
As ’n reël sien Krista Bishop se sekuriteitsagentskap net na vroue om. Behalwe toe regeringsluipers haar ’n aanbod maak wat sy nie van die hand kan wys nie: verseker die veiligheid van twee besoekende Chinese grootkoppe.
Wat hulle haar nie sê nie is dat die Chinese agter die onwettige perlemoenbesighede in die Kaap aan is. En hulle soek alles: van wat uit die see geoes word, tot wat op etenstafels verskyn. Hulle beplan ’n oorname wat drie bendeleiers van Kaapstad – die Untouchables – se bedrywighede en blink leefstyl sal verbrysel.
Saam met perlemoen kom spierkrag, tjieng, snuifgoed en skietgoed. Wanneer die eens onaantasbare bendebaas Titus Anders die strop nouer voel trek, kry hy vir Krista Bishop om sy dogter te beveilig en haar te beskerm teen die waansin van die bendeoorlog wat om hom uitbreek.
Krista is ’n yster. Sy is jonk, taai, en ver weg van die geweld op straat. Of dalk nie. Dié oorlog slaan orals uit – tot in haar agterplaas. Dan wag ’n geheime agent haar in, skietding in die hand.
1 in stock
Umuzi
Eerste uitgawe eerste druk 2015
Sagteband in mooi en skoon toestand so goed as nuut, een puntjie van die boek effens gebuig en naam van vorige eienaar voorin