Sale!

Spinnekopsomer / Maretha Maartens

Original price was: R100.00.Current price is: R70.00.

Ek voel honderd-en-vyf jaar oud, dink Leendert dof. Kan honder-en-sewe ook wees. Ek het my geboortedatum vergeet, soos Ma verlede jaar toe sy my eers kwart oor tien die aand uit die Kaap geskakel het. Ek ly vanoggend aan akute diarree as gevolg van die rassisme in die skool met sy kamstige oop koshuis, as gevolg van die bietjie oorskietkoffiemoer waarmee ons standeragts tevrede moet wees nadat die matrieks die koffiekan beetgehade het, as gevolg van Daan van Wyk se skimpe oor my pa wat in die parlement sit om die land uit te verkoop…

Waar bly sy tog? Maar toe hy uiteindelik die nuus van Erika verneem, weet hy dat die wêreld nou finaal gatoorkop geslaan het. Wat kan ‘n mens immers doen as jy ‘n tiener is en niemand wil na jou luister nie? Nie ou Bulk nie, nie Erika se pa nie en selfs nie jou eie pa en ma nie. Dan sal jy mos desperate dinge aanvang…

1 in stock

SKU: JEUG.HUD.002/1/24JEUG.ADR.004/7/22 Category: Tags: , ,

Description

Tafelberg

Eerste druk 1992

Sagteband in mooi toestand, bruin skimmelvlekke in die boek

Hierdie boek is bekroon met die brons Sanlam-prys vir Jeuglektuur, 1992