Van Wyk, Schalkie

Schalkie van Wyk

24 Oktober 1940 –

 Van Wyk, Schalkie

Schalkie van Wyk Louié Schalkie van Wyk is op 24 Oktober 1940 in Bloemfontein gebore en woon vandag in Johannesburg. Sy sê haar geboorte was ’n rampspoedige gebeurtenis, want sy moes ‘n seun gewees het. Die sproete op haar neus het sy al by geboorte gehad, en dat sy meer plooie as plekke het. Sy is Louié Schalkie, vernoem na haar Duitse oupa. Sy het op Vredefort skoo gegaan, BA-Tale aan Tukkies gestudeer, en op die tere ouderdom van 21 is sy aangestel as redaktrise van die kinder- en jeugtydskrif, Patrys. Dertien jaar later het sy voltyds kleuter-, jeug- en klubboeke begin skryf. Later het sy ook radioverhale begin skryf en ook ‘n Engelse boek, “Old Soldiers Never Cry”, onder die naam, Louié Heine. Sy het meer as 100 boeke en ook 12 vervolgverhale geskryf en was verantwoordelik vir vier kinderplate. Sy was lank met die skrywer, Mike Heine getroud — die man wat haar geleer het dat liefde nie net ‘n sprokie is nie. Hulle het ‘n seun, Charles George. en ‘n dogter, Michelle-Philippe. Michelle woon tans in London en is die belangrikste mens in Schalkie se lewe. Haar hondjie, Muffin, is nou te oud om saam met haar te stap, daarom gim sy elke oggend. Sy werk graag in haar tuin en sny nog self die gras. Sy is baie lief vir mense, koek en sjokolade, en sy het altyd ‘n hekel gehad aan telefone en vet – haar vet – want sy moes daarmee saamleef. Sy is jaloers op mense met baie kinders maar hoop om eendag ‘n dosyn kleinkinders te hê. Om te kan skryf is vir Schalkie loutere genot, moontlik omdat sy nog altyd glo dis nie sy wat skryf nie, maar haar Skepper wat deur haar skryf.. Sy skryf omdat dit pret is en sy absolute genot ervaar. In haar verhale deel sy haar droomwêreld met haar. Schalkie van Wyk het talle liefdesverhale geskryf wat die volgende insluit:

 

  1. Aan die einde van die reënboog
  2. Agter donker sluiers
  3. Anderkant die wolke – liefdesroman
  4. Anderkant more wag geluk – liefdesroman
  5. Arende vlieg alleen – liefdesroman
  6. Bekende vreemdeling
  7. Beminde vreemdeling – Melodie liefdesroman
  8. Beminde vyande – liefdesroman
  9. Bittersoet verlange

10. Blare in die wind

11. Bloeisels in die wind – liefdesroman

12. Dennewoud van drome – liefdesroman

13. Die eerste lenteroos – liefdesverhaal

14. Die Geheim van Donkerkloof – liefdesroman

15. Die goue eendag – liefdesroman

16. Die grondbaron

17. Die Kroonprins van Kaiserburg – liefdesverhaal

18. Die liefde oorwin

19. Die ontwykende droom – liefdesroman

20. Die sagte vlam – liefdesroman

21. Die son skyn elders – liefdesverhaal

22. Die son van geluk – liefdesverhaal

23. Die teken van die Suiderkruis – liefdesroman

24. Donke-Doef kom kuier – liefdesroman

25. Drome van liefde – liefdesroman

26. Eiland van eensaamheid – liefdesroman

27. Eiland van geheime – liefdesverhaal

28. Erfgename van haat

29. Gee my ‘n droom

30. Geleende liefde

31. Gevangene van gister – liefdesroman

32. Gister se betowering – liefdesroman

33. Gister se troebel water – liefdesroman

34. Iemand soos jy

35. Kammaland van liefde – liefdesroman

36. Kronkelweë van die hart – liefdesroman

37. Legende van die liefde – liefdesroman

38. Letsels van liefde

39. Lied van die berge

40. Lied van die lente – liefdesroman

41. Liefde in die najaar – liefdesroman

42. Liefhê is geluk

43. Lokstem van die liefde – liefdesroman

44. Lokval van die liefde – liefdesroman

45. Man agter `n masker – liefdesverhaal

46. Man langs die pad – liefdesroman

47. Man van gister – liefdesroman

48. Man van lig en skadu

49. Melodie van liefde – liefdesroman

50. Melodie van die hart – liefdesroman

51. More bring ‘n droom – liefdesroman

52. More bring ‘n nuwe daeraad

53. `n Ander soort liefde – liefdesverhaal

54. ‘n Anker van liefde – liefdesroman

55. `n Bruid vir Eduard – liefdesroman

56. Nêrens ‘n nuwe more

57. Ongetemde hart – liefdesroman

58. Reënboog van jou hart – liefdesroman

59. Reënpad na die son – liefdesroman

60. Rondomtalie van die liefde

61. Seisoen van verlange – liefdesroman

62. Skadu’s voor die son – liefdesroman

63. Sigeuner van haar drome – liefdesroman

64. Soldaat kom weer – liefdesroman de

65. Somer van betowering – liefdesroman

66. Sonskyn in die reën

67. Son van liefde – liefdesroman

68. Soveel verlore gisters – liefdesroman

69. Sterre in my hand – liefdesroman

70. Stiefkinders van die liefde – liefdesverhaal

71. Te jonk vir liefde

72. Teer soos n vlinder – liefdesroman

73. Toe kom die vreemdeling – liefdesroman

74. Vallei van verlange – liefdesroman

75. Vlakte van verlore drome – liefdesroman

76. Waar purperwinde blom – liefdesroman

77. Waar liefde skuil – liefdesroman

78. Wanneer die skadu’s wyk – liefdesroman

79. Warrelwind van die liefde – liefdesroman

80. Web van betowering – liefdesroman

81. Weerklank van gister

82. Winter van heimweë

83. Winter van wanhoop