Description
Uitgegee deur die skrywer
2003
Sagtebandboek in mooi toestand
Foto van die klipkraal op Vereeniging, spogplaas van Kotie Hattingh op voorblad
Original price was: R160.00.R120.00Current price is: R120.00.
UIt die Koup is ‘n boek vol herinneringe – ‘n outobiografie van ‘n seun wat in die Koup grootgeword het…
Veertig kilometers van Laingsburg op die N1 na die noorde lê Koupstasie. Regoor die stasie draai ‘n grond-grootpad links uit en loop die Koup Merweville toe. Ek het altyd gedink die Koup is maar net ‘n wyk vna die NG Gemeente. Pa was immers die ouderling vir die Koup. Eers baie jare later sou ek uitvind dat die Koup een van die 34 streke van Suid-Afrika is, wat oor ‘n yslike stuk wêreld van Suid-Afrika strek en dorpe soos Touwsrivier, Laingsburg, Prins Albert, Beaufort-Wes en Willowmore insluit.
Daar is jare gelede gesing :
Ek hou van jou vaal ou Karooland, Van Koup tot Oranje se wal… Met die herdruk van die 1961-FAK-sangbundel lui die bewoording egter:
Ek hou van jou vaal ou Karooland, Van Kaap tot Oranje se wal…
daar kan bespiegel word waarom Koup van 1937 by die die 1961-herdruk Kaap geword het. Was die proefleser ‘n Transvaler wat ten opsigte van die Kolonie maar net van die Kaap geweet het of was dit ‘n drukfout.
Out of stock
Uitgegee deur die skrywer
2003
Sagtebandboek in mooi toestand
Foto van die klipkraal op Vereeniging, spogplaas van Kotie Hattingh op voorblad