En ewig sing die woude /Gulbranssen, Trygve

R170.00

Besit ‘n outydse roman soos Gulbranssen se werk En ewig sing die woude nog enige boodskap vir die moderne leser?

Sal ons die satelietmense, nog genoeë neem met sy uitgerekte psigologiese ontrafeling van karakters, sy rustige, wydsee ontplooiing van handelingsgebeurem sy uitgesponne sinne?  Gaan ons wat daagliks geweek word in seks en geweld nog iets vind in die romantiek en die mistiek van  Noorsemense uit vergange eeue?

Persoonlik het ek ernstige bedenkinge gehad of ‘n Afrikaanse vertaling die moeite en die koste sal loon, maar toe ek begin werk het aan hierdie vertaling en die bekoring van Gulbrassen se eiesoortige skryfwyse begin ervaar het, het hierdie saga van die  Bjorndalgeslag – prototipe van ons eie Voortrekkergeslag – my met ‘n mistieke ontroering vasgegryp. Toe eers het ek begin verstaan waarom  Die geslag Bjorndal – trilogie reeds in meer as twintig tale  vertaal is en binne ‘n kwarteeu van die groot klassieke werke van ons tyd geword het. In ‘n eenvoudige maar grootse verhaal waarin die mens met natuurmagte, met die medemens en met eie gewete worstel om tot klaarheid oor eie lewensdoel en bestemming  te kom, dra hierdie werk ‘n tydlose boodskap aan alle mense van alle eeue in alle lande.

1 in stock

SKU: FIKSIE.LIN.006/4/9/26 Category:

Description

JL van Schaik BPK

1968

Hardeband met geringe verweer en skaafmerkies op stofomslag, blaaie al vergeel maar is nog in puik stewige en netjiese toestand

Oorspronklike Noorweegse titel: Og Bakom Synger skongene

Vertaling: Uit Nederlands vertaal deur Gerhard J Beukes

Stofomslagontwerp: Deur Rudolf Luithardt