Description
Perskor
Eerste uitgawe eerste druk 1978
Hardeband met mooi stofomslag in puik toestand
Stofomslag ontwerp deur Annette Stork
Boek is baie skaars
R150.00
“Wha-a-a-a-ga!” skree Joggum vanuit ‘n hoë rooi-elsboom toe hy die luiperd sien onderwyl hy besig is om ‘n jong kalfie weg te sleep. “Daar’s hy! Hy’t weer een van die plaasmense se kalwers gevang… eendag is eendag gaan hulle hom doodskiet.”
Maar min het Joggum geweet hoé verkeerde sy voorspelling is. Die plaasmense, Mbandeni die ou RIngkop, Basjan die bobbejaanleier, Hande en Pote, Smaail, Tant Stera, Ou Wullum, Joggum – almal was verkeerd met hule voorspelling oor hoe Slagtand aan sy einde sou kom.
Slagtand, die luiperd, se lewe en sterwe is so verweef met die lewens van die plaasmense en die van die Voetvolk van die Bosveld, dat hierdie verhaal ook sy verhaal is. Met spanning volg ‘n mens die pad wat deur die Voetvolk, die luiperd en die ander bewoners van Jeukpeulhoek geloop het… by sy verrassende maar tragiese-heldhaftige einde.
Slagtand is ‘n luiperd, maar in sy habitat, wat die bosveld is, noem wit- en swartmense hom tier. Om die rede word hy ook in hierdie boek na willekeur tier of luiperd genoem.
‘n Tier is eintlik ‘n uitheemse, gestreepte diersoort terwyl ‘n luiperd gespikkeld is, ‘n tier word net in oosterse lande aangetref, hoofsaaklik in Sentraal Suid-Asië, Indië, Sumatra ens.
Gelukkig hoe ek nie soos ander skrywers myself te vrywaar teen die moontlikheid dat die name van bestaande ander bobbejane in hierdie boek genoem is nie, want Basjan, Urg en Joggum en Jentelman en Wullum en Hande-en-Pote is Voetvolk van die bosveld wat almal Afrikaanse bobbejane is en ek het hulle self gedoop. – W.A. Hickey – Brits 1978 –
Out of stock
Perskor
Eerste uitgawe eerste druk 1978
Hardeband met mooi stofomslag in puik toestand
Stofomslag ontwerp deur Annette Stork
Boek is baie skaars