Description
Lapa Uitgewers
Eerste druk 2001
Sagteband met mooi gekleurde glansvoorblad
Illustrasies: Samantha van Riet
Voorwoord deur Ds. Lourens Aucamp
R100.00
Het jy al ooit gewonder oor die leefwêreld van die Bybelse mense? Waar sou hulle seep gekry het om al die reiningsrituele na te kom? Het almal in tente gewoon soos Abraham en sy familie? Waar het al die kwartels so skielik vandaan gekom in die woestyn? En wat was manna eintlik, om nie te praat van duiwemis nie?
Al hierdie en baie ander vrae word hierin beantwoord. Hierdie boek sal jou help om die omgewing waarin die mense van die Bybelse tyd geleef het, te verstaan.
Die afdelings in die boek is ingedeel in :
Plante, Bome, Ander plantgewasse, Soogdiere, Voëls, Reptiele, Insekte, Visse Wonings, Beroepe, Mynbou, Kleurstowwe, ‘n Bybelse banket met verwysing na verskillende kosse wat in daardie tyd geëet is.
Out of stock
Lapa Uitgewers
Eerste druk 2001
Sagteband met mooi gekleurde glansvoorblad
Illustrasies: Samantha van Riet
Voorwoord deur Ds. Lourens Aucamp