Kroes /Stamatélos, Pat

R140.00

Toe Pattie Peters agt jaar oud is, sterf haar ma. En ‘n paar dae later gee haar pa haar weg. Om by haar anties in die Strand te gaan bly. ‘Dis bieter so,’ hoor sy hom sê. “‘n Kind het ‘n ma nodig en sy is nog klein. Kitty en Maggie sal sorre virrie kind, daaroor hoef ek my nie te worrie nie.”
So begin Pattie se afskeid aan haar pa, en aan die Kaap. Uiteindelik beland sy in die Goudstad – by haar sus Dorie in mevrou Soes se losieshuis. Maar dan ontmoet sy Laki Pappasani, ‘n Griek van Sparta, ambagsman van beroep. Net jammer dis die sestigerjare, en sy, Pattie Peters, klerk van beroep, is ‘n kleurlingmeisie van die Strand.

Kroes deur Pat Stamatélos is ’n aangrypende Afrikaanse roman wat afspeel in Suid-Afrika van die sestigerjare en fokus op liefde oor die kleurgrens en die soeke na identiteit. Die verhaal volg Pattie Peters, ’n jong bruin meisie wat ná persoonlike verlies haar tuiste verlaat en in Johannesburg beland, waar sy ’n nuwe lewe probeer bou. Haar ontmoeting met Laki Pappasani, ’n Griekse ambagsman, plaas haar binne ’n samelewing vasgevang in rassewette en sosiale grense. Die roman bied ’n fyn waarnemende blik op familieverhoudinge, migrasie na die stad, gemeenskapsbande en die brose aard van identiteit in ’n verdeelde land.

1 in stock

SKU: FIKSIEALG.007/15/5/25 Category:

Description

Kwela Boeke

Vyfde druk 2009

Sagteband in mooi toestand puntjies van boek effense verweer, inhoud skoon en netjies

Omslagontwerp: Hanneke du Toit