Buidel / Rabie, Jan

R120.00

Buidel sluit outobiografies aan by twee vroeëre werke van Jan Rabie: ‘n Haan vir Elounda oor sy en sy kunstenaarsvrou Marjorie Wallace se 2 en ‘n half-jarige verbly op Kreta en ‘n Boek oor Onrus, ‘n liefderyke relaas van hul lewe op die kusdorpie naby Hermanus.

Buidel bevat indrukke van plekke en mense, tale en kulture, politiek en oorlewing … maar bo alles gee dit die leser weer insig in die mens Jan Rabie. Met sy immerjeugdige geesdrif en eie manier van sê, deel hy met jou sy gedagtes, sy vreugdes en vrese, sy liefde vir ongerepte natuur, ongekunstelde mense, opopgesmukte taal.

Buidel is vol dinge – om te geniet en oor te besin.

Out of stock

SKU: BIO.DON.012/20/7/24; BIO.LIN.013/1/13/23 Category:

Description

Human & Rousseau

Eerste uitgawe 1989

Sagteband, boek in puik toestand, blaaie vergeel maar boek soos nuut

Skildery op omslag: Marjorie Wallace (vrou van Jan Rabie)