Moenie stilbly nie! / Oralee Wachter

R60.00

Dis nie regverdig nie, maar tog gebeur dit. Iemand wat jy ken, raak aan jou en jy hou nie daarvan nie. Dit kan iemand wees van wie jy hou, of selfs iemand in jou gesin. Tog voel dit nie so lekker as dié iemand aan jou raak nie, nie so lekker soos ‘n drukkie, of soos wanneer iemand wat lief is vir jou sy arms om jou sit nie.

Dis ook nie pret soos wanneer mens stoei, of goed en gaaf soos wanneer iemand jou hand vashou nie.

As iemand op so ‘n manier aan jou vat dat jy niks daarvan hou nie, voel jy miskien deurmekaar. Jy voel dalk dat jy gekul of gedwing is. Dit kan ook wees dat jy moes belowe om vir niemand van die vattery te vertel nie, dat jy moes belowe om stil te bly.

Hieride boek vertel hoe jy vir jouself kan sorg, net ingeval so iets ooit met jou of ‘n maat gebeur.

1 in stock

SKU: KIN.JUL.029/11/16 Category:

Description

Tafelberg Uitgewers

Tweede druk 1989

Hardeband met mooi gekleurde glansvoorblad, bibsakkie voorin boek geplak

Illustrasies: Isak Vollgraaff

Oorspronklike titel: No more secrets for me -1983

Afrikaans deur Elsabe Steenberg