Gesoek: Dinosourus van die Drakensberg / Empie Maritz

R70.00

Wanneer Herrie en Jonathan onder dwang moet meedoen aan die uitsmokkel van ‘n kosbare argeologiese vonds, maak hulle tromp-op kennis met gewetenloosheid en geweld.

Vrees en vertwyfeling oorval hulle as die kanse op uitkoms al kleiner raak: weet iemand ooit dat hulle in lewensgevaar verkeer? In die Tendele-ruskamp raak Karin en Sarie onrustig omdat die seuns nie opdaag nie, maar hulle poging om ondersoek in te stel, dompel ook hulle in ‘n maalstroom van angs en ellende.

Empie Maritz, skrywer van vele jeugverhale, verstaan die kuns om jong lesers enduit te boei. Met volop spanning. aksie en intrige, en interessante feite oor fossiele as bonus, is Gesoek: Dinosourus van die Drakensberg ‘n gawe toevoeging tot die Afrikaanse jeugliteratuur.

1 in stock

SKU: JEUG.DON.001/12/2/22; JEUG.CEC.(B).005/7/23 Category:

Description

Juventus Uitgewers

Tweede druk 1994

Sagtebandboek met effe vergeelde bladsye maar in mooi en skoon toestand