Die grootste beer /Ward, Lynd

R80.00

Die grootste Beer is die verhaal van Johnny Orchard, ‘n seuntjie in die pioniersdae van Amerika, wat hom wou doodskaam omdat sy ouers se huis feitlik die enigste in die kloof was waarteen nie ‘n beervel vasgespyker was nie. Op ‘n dag besluit Johnny om sy eie beer in die bos te gaan skiet. Hy kom toe ook op ‘n beer af, maar….

Die tekeninge in hierdie pragboek, wenner van die gesogte Caldecott-medalje vir die beste Amerikaanse kinderboek van die jaar – is deur Lynd Ward, een van die VSA se grootste grafiese kunstenaars. Elke tekening is dan ook ‘n kunswerk, terwyl die geheel ‘n lees- en kykervaring bied wat geen gevoelige kind ooit sal vergeet nie. Volwassenes sal die boek ewe sjarmant vind.

Out of stock

SKU: KIN.LIN.004/28/11/22 Category:

Description

Human & Rousseau

Tweede druk 1975

Ongeveer A4-grootte boek met monotone in bruin kleursketse, kleeflintmerke op die eerste binneblad asook ‘n prysuitdeling plakker

Tekeninge deur Lund Ward

Oorspronklike titel: The biggest Bear – 1952

In Afrikaans vertaal deur Leo van der Westhuijzen