Joof en sy maats in Tongaland /Dirks, Cor

R130.00

Al wat Joof-hulle wou doen, was om ‘n. rustige hengel- en duikvakansie te gaan hou. Maar waar Joof-hulle is, is daar gevaar en avontuur, of miskien is die avon-tuur waar Joof-hulle is!
Hierdie keer raak Joof en sy maats met ‘n gedugte en goed georganiseerde span saboteurs slaags. Hulle het darem een kameraad, Tony. Maar ook dié se motiewe blyk toe nie so suiwer te wees nie; dit kom Joof-hulle eers later agter. Want, vyftiguisend rand is nie ‘n bietjie geld nie.
Maar as die dood en verwoesting soos ‘n. vuurpyl op Pretoria en Johannesburg gerig is, dink Joof se kaliber mos nie aan geld nie.
Tussendeur het hulle nog baie gevare moes trotseer, min wetende wat uitein-delik vir hulle wag. ‘n Haai soek ontbyt toe Joof-hulle gaan duik, ‘n afpootluiperd se honger maag dryf hom na Joof-hulle se vuurtjie toe. En net wanneer die maats erken hulle vakansie begin nou uitein-delik, kom die groot skrik en die naelbyt-gevaar!
Joof en sy maats in Tongaland is die sewende in die Joof-reeks van Cor Dirks.

Out of stock

SKU: JEUG.BAR.012/9/8/24 Category: Tag:

Description

Perskor

Eerste uitgawe, tweede druk 1984

Hardebandboek met stofomslag, rugkant effens verkleur van son, stempelmerk op binneblad, boek nog mooi en netjies