Description
LAPA Uitgewers
Eerste uitgawe 2023
Sagtebanbboek in puik nuwe toestand
R230.00
Verslawing is ‘n breinversteuring wat die verslaafde kompulsief afhanklik maak van nadelige maar lonende stimuli. Tog is daar hoop op bevryding. Hierdie boek fokus op alkoholmisbruik, maar ander tipes van afhanklikheid word ook bespreek. Die skrywer lei die leser met behulp van feite en motivering tot herkenning en, uiteindelik, erkenning op die pad na soberheid en oorwinning.
Willie Pienaar is ‘n psigiater en terapeut wat vir meer as dertig jaar in die veld van verslawing werk. Sy kennis, ervaring en innige empatie maak van hom ‘n onbetwisbare kenner op hierdie gebied. Hy tree in eerlike gesprekke met die leser om die stigma en mites van afhanklikheid te besweer en die feite omtrent ahanklikheid te verduidelik.
Hierdie gids bied praktiese antwoorde wat verslaafdes en hulle geliefdes op die pad na vryheid kan lei.
1 in stock
LAPA Uitgewers
Eerste uitgawe 2023
Sagtebanbboek in puik nuwe toestand