Description
Uitgewer: Human & Rousseau
Datum: Eerste uitgawe 1990
Toestand: Sagteband met mooi foto op buiteblad, boek skoon en netjiesm, stempel van vorige boekwinkel
Bandillustrasie: Etienne van Duyker
R60.00
In ‘n Plaas ander die berge vertel die bekende romanskrywer van sy terugkeer na ‘n familieplaas in die Waterberge. Finansieel is dit nie juis lonend nie, maar weldra ontdek hy ander rykdom daar: anderkant die berge woon ook mense, onvergeetlike karakters wat ‘n vreugde is om te leer ken. En die Waterberge kom na vore as ‘n harde, wispelturige streek wat tog ‘n unieke bekoring het.
Onder die oppervlak, weet die Waterbergers, lê onontginde skatte, so ook in hierdie landelike vertellings. In die beskrywing van die daaglikse bedrywighede word diep insigte en aanvoelings blootgelê. Anderkant die berge is daar nog tyd en ruimte vir die belewenis van Genade.
Out of stock
Uitgewer: Human & Rousseau
Datum: Eerste uitgawe 1990
Toestand: Sagteband met mooi foto op buiteblad, boek skoon en netjiesm, stempel van vorige boekwinkel
Bandillustrasie: Etienne van Duyker