Description
Human & Rousseau
Eerste uitgawe 2007
A5 sagteband, in puik netjiese toestand, stempelmerk op binneblad
R80.00
Voorste voëlkenner Morné du Plessis deel sy verwonde-ring oor die sonderlinge gedrag en gewoontes van ons
geveerde vriende.
Dis veral die pronkers waarin hy hom hier verkneukel: die bosloerie met sy granaatrooi bors; soetsappige suiker-bekkies; tarentaalmannetjies wat in paartyd kruis en dwars en in gelid ronddraf; die koninklike lammergeier; die swartbont skoonheid van die bontelsie; parmantige band-keelkleinjantjies; die swierige, vurige vlerkslepery van ‘n witkruisvleivalkmannetjie . ..
Pronkvere is ‘n lekkerleesboek, propvol wetenswaardig-
hede, om van hoek tot kant te lees of proe-proe per storie te geniet. Of slaan in die indeks jou gunstelingsvoëls na en kyk wat vang húlle aan.
1 in stock
Human & Rousseau
Eerste uitgawe 2007
A5 sagteband, in puik netjiese toestand, stempelmerk op binneblad