Werfjoernaal / F.A. Venter
R65.00
Jare lank was die skrywer ‘n stadsbewoner, gekondisioneer deur die gejaagde, gedissiplineerde lewe van die stad. Maar in 1960 trek hy en sy gesin plaas toe. Wat besin jy? Het mense hom gevra. Jy sal verdor, afgestomp raak, afgesonder van die eintlike lewe. Maar daar op die plaas, tussen die diere, die voëls, die klippe en die bosse leer hy ‘n nuwe lewe ken – ‘n lewe vol spanning, drama en skoonheid vir wie oë het om dit raak te sien. Die gefladder van duisende insektetjies om die stoeplig op ‘n someraand word ‘n uitbundige karnaval. Elke voëltjie word ‘n persoonlikheid in eie reg – die adellike bruin swaels, die onskuldige Piet-sê-so met sy onversadigbare nuuskierigheid, die skaamtelose familievoëls wat op jou kop ook sal nes maak as jy net lank genoeg wil stilstaan. Die bakoor-jakkalsie word ‘n gawe kêreltjie wat ‘n mens graag sal wil ontmoet. Die bloukriebos en die wolwedoring word jou vriende. Werfjoernaal is ook ‘n verhaal van die harde lewe van droogte en ontbering, die verhaal van die mens se stryd teen die onverbiddelike wette van die natuur. Dit is ‘n lewe wat ingryp in jou siel en van jou werklik mens maak. Dit is ‘n lewe wat mense aanmekaar bind soos in ‘n laer. Hier die lewe word met soveel teerheid, soveel deernis en warm humor gebeeld dat dit vir elke boer sy plaas weer ‘n nuwe, mooi wêreld sal maak, terwyl dit die stadsbewoner sal laat hunker na ‘n lieflike lewe buite die grense van staal en beton…
Out of stock