Description
JP van der Walt & Seun
Hardeband met stofomslag, omslag toon verweer, inhoud skoon en netjies
R80.00
Daardie dag toe Ewald Maartins vir Lorraine Gous ontmoet het, het sy lewe radikaal verander. Sy was die dogter van ryk ouers; ‘n meisie wat daaraan gewoond was om alles te kry wat sy wou hê. En toe het sy besluit dat sy Ewald ook wil hê.
In die begin was hulle gelukkig, maar daardie een geluk waarna sy nog altyd verlang het, het buite haar bereik gebly – ‘n kind van haar eie. Maar Lorraine het vir alles ‘n uitweg gehad. Sy en Ewald het ‘n dogtertjie aangeneem – die pasgebore kind van ‘n jong verpleegster wat haar man in ‘n motorongeluk verloor het …
„Noem haar Juana,” was Anne se enigste versoek toe sy haar kind aan onbekende ouers afgestaan het.
In hierdie verhaal slaag die skryfster daarin om so ‘n menslike drama te teken dat die werklikheid van die lewe op die bladsye van hierdie boek angetref word.
1 in stock
JP van der Walt & Seun
Hardeband met stofomslag, omslag toon verweer, inhoud skoon en netjies