Ons het jou lief Lukas / Maretha Maartens

R100.00

‘n Ware verhaal van oorwinning. Dis ‘n fiktiewe verhaal, gebaseer op ware gebeure en keuse in die lewe van ‘n Christen-gesin. Ons ontmoet vir :

Susan, wat die keuse maak om haar man met sy bipolêre gemoedsversteuring en alkohol-afhanklikheid deur die oë van Jesus Christus te bly sien.

Gabi, haar tienerdogter wat al self so baie verduur het en wat met die plaasmoord waarin haar beste vriend, haar kêrel en ‘n ouer sterf, haar laaste bietjie onskuld verloor.

Tania – Gabi se suster en student op Stellenbosch wat die ervarings van haar kinderdae moet temper, sodat dit nie haar verhouding met Louise Maree kelder nie.

En dan is daar Lukas, wie se verhaal vervleg is met die van die drie vroue in sy gesin. Dit is Lukas se verhaal van stryd, selfveragting, woede, genade en broosheid voor God.

1 in stock

SKU: GEE.RIH.058/10/19 Category:

Description

Struik Christelike Media

Geskryf in samewerking met Susan van der Westhuizen

2014

Boek in sagteband nog so goed as nuut binne, klein skeur op voorblad van die boek maar geheg