Sale!

Wenplan vir die lewe /Putter, Jan

Original price was: R110.00.Current price is: R90.00.

Almal van ons voel by tye magteloos. Jy besef jy het ‘n fout gemaak en wens dat jy dié dag kon oorhê. Of jy is gefrustreerd deur hindernisse en terugslae in jou lewe. Jy wil moed opgee en voel vasgevang deur jou omstandighede …

 

Dis nodig om op te staan en anders te dink, skryf die be-kende sportman en -sielkundige Jannie Putter. As mental coach van die Blou Bulle, en iemand wat self swaargekry het, weet hy uit eie ervaring: Ons het altyd ‘n keuse.
Om die beste te wees is nie die resultaat van goeie dinge wat met ons gebeur nie, maar ‘n denkpatroon wat ons self kies. Viteindelik is sukses nie iets wat’n mens bereik nie, maar iets wat jou lewe word. Dit is hierdie proses van groei wat van ons kampioene maak – in alle omstandighede.
In hierdie heruitgawe van sy gewilde Wenplan vir die lewe deel Jannie Putter verhale uit sy eie verlede sonder om doekies om te draai. Sy praktiese raad en deurleefde wysheid sal jou toerus om die uitdagings van die lewe te oorkom en jou ware potensiaal te bereik.
JANNIE PUTTER het’n honneursgraad in sielkunde en
‘n meestersgraad in sportwetenskap. Hy was ‘n provinsiale en nasionale sportman, en is sedert 2006 die Blou Bulle se mental coach. As motiveringspreker en sportsielkundige help hy sportspanne, maatskappye en individue met stres-hantering, spanbou en leierskap.

2 in stock

SKU: NIE-FIKSIE.DON.021/03/24 ; NIF.ALG.008/16/4/26 Category: Tag:

Description

Lux Verbi

Tweede uitgawe, eerste druk 2014

Sagtebandboek in puik nuwe toestand