Bonsaimeisies /Diedericks, Erla

R280.00

Psigiater Ann Marais breek weg na die Wonderberge, maar ‘n vlac ontvoerings vertroebel haar vakansie. Speurder Marnus Mostert vertel haar van die grieselrige manier waarop die ontvoerder sy jor slagoffers martel voordat hy hulle vermoor. Hy buig en snoei hulle soos bonsaiboompies …
Daar is net een mens wat hulle kan help: Samael de Kock,
‘n martelspesialis, psigopaat en gevangene in ‘n gestig vir geestesversteurde misdadigers. Kort voor lank is daar ‘n vreesaanjaende magspel tussen Samael, Ann en die Tuinier, soos dic moordenaar homself noem.
Intussen duik ander karakters op om sake verder te kompliseer: ‘n Plantkundige vasgevang in haar verlede, ‘n geheimsinnige byeboer en n gasteplaaseienaar met weermaggeraamtes in die kas.
Sal Ann die Tuinier kan help vastrek voordat hy weer sy snoeiskêr optel?

SKU: FIKSIE.SWA.001/19/2/26 Category:

Description

LAPA

Eerste uitgawe 2025

Sagtebandboek in puik toestand, nog splinternuut