13 jaar in die skadu van dr HF Verwoerd /Barnard, Fred

R150.00

Fred Barnard is te Plettenbergbaai gebore. Na sy skoolopleiding was sy plan om onderwyser te word, sy plek in die koshuis was reeds  bespreek en sy treinkaartjie in sy sak. Omstandighede het hom egter verplig om sy planne op die laaste oomblik te wysig en na Pretoria te verhuis waar hy by die destydse Departement van Bantoesake aangesluit het. Hier was hy werksaam totdat hy in 1952 tot Privaatsekretaris van dr. H.F. Verwoerd, destyds minister van Bantoesake, bevorder is. Hy het die betrekking vir dertien onafgebroke jare beklee en was terselfdertyd ook Sekretaris van die Bantoesakekomitee. In een van die mees dramatiese  tydperke van Suid-Afrika se geskiedenis – die jare 1958 tot 1961 – het hy dus te midde in die groot gebeure gestaan : die dood van adv. Strijdom, die verkiesing van dr. H.F. Verwoer tot Eerste Minister, Sharpville, die eerste aanslag op dr. Verwoerd se lewe, Republiekwording, die betekenisvolle Statebondskonferensie van 1961 waar dr. Verwoerd Suid-Afrika se eer en selfstandigheid gekies het as rigsnoer van ons voortbestaan. Hieraan het Fred Barnard ‘n aktiewe deel gehad en in hierdie boek lig hy die sluier oor talle van die bogemelde gebeure. Mnr. Barnard is getroud en die vader van drie kinders. Hy woon in Pretoria.

13 jaar in die skadu van dr. H.F. Verwoerd by Fred Barnard is ’n politieke memoire wat ’n insider-perspektief bied op een van die mees bepalende tydperke in Suid-Afrika se geskiedenis. As privaatsekretaris van dr. H.F. Verwoerd vir dertien jaar beskryf Barnard gebeure soos Sharpeville, republiekwording, die Statebondskonferensie van 1961 en die magsoorname van Verwoerd as eerste minister. Die boek plaas die leser binne die administratiewe en ideologiese kern van apartheidspolitiek en bied waardevolle insigte in magsuitoefening, lojaliteit en staatsbesluitneming.

1 in stock

SKU: BIO.CHA.002/3/9/20 Category:

Description

Voortrekkerpers

Tweede druk 1967

Hardeband met netjiese stofosmlag, stempelmerk op binneblaai, res van inhoud in puik netjiese toestand

FOTO:

Dr. en mev. Verwoerd afgeneem in die kleurryke lentetuin voor Libertas op 7 September 1965, ‘n dag voor dr. Verwoerd se 64ste verjaarsdag.