Sale!

Kietsie en sy mense / Richard Scarry

Original price was: R100.00.Current price is: R90.00.

Daar is Vader Kat, wat gedurig jaag en tog nooit betyds is vir die trein nie. OUma doen die naaldwerk en breiwerk van die gesin: net jammer dat die moue van die truie was sy brei, nooit ewe lank is nie! Verder bederf sy haar kleinkinders. Tom is die musikale kat: hy bespreel ten minste tien instrumente en skop ‘n oorverdowende lawaar op. Moeder Kat is ‘n doodgewone, huislike ma-kat wat wonder bo wonder (meestal) daarin slaag om kop te hou in hierdie buitengewone huishouding.

En dan is daar Kietsie, die jongste lid van die gesin, wat ‘n skroefsleutel saamgeneem het bed toe, sy bord kos op sy kop omkeer en meer lawaai maa as ‘n stootskraper…

Out of stock

SKU: KIN.BRI.003/7/18; KIN.BFL.008/11/23 Category:

Description

Uitgewer:  Human & Rousseau

Datum: Eerste Afrikaanse uitgawe 1975

Toestand: Hardeband met gekleurde glansvoorblad, skimmelvlekkies op binneblaaie, maar inhoud in skoon en netjiese toestand, prysuitdelingplakker voorin geplak

Richard Scarry boeke in Afrikaans is baie skaars boeke!

Oorspronklike titel: Babykins and his family

Vertaling: Deur Louise Steyn