Description
Tafelberg Uitgewers
Eerste uitgawe eerste druk 1983
Hardebandboek, omslag van boek toon verweer, vlek merkies op verskeie blaaie
Bandontwerp: Catherine Stock
R120.00
Die liefde bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. Dit ken geen grense nie – soms selfs ook nie dié van kleur nie. Sasja, wit veertigjaige joernalise en Geoffrey, bruin teoloog, ook in sy middeljare, kry mekaar onherroeplik, verblindend en téén alle wette in lief op die mistige Weskusdorpie, Paternoster.
Hul verhaal gaan oor die pyn van verbode liefde, die vernedering, die wondbaarheid en weerloosheid van die mens voor die mag van die stelsel.
Soos Marzanne Leroux dit vertel, is dit allermins sensasioneel of politieke betoog. Dis ‘n deernisvolle uitbeelding van twee eensame mense wat in hul soeke na geborgenheid rondtas na waarheid, na ‘n oplossing – om telkensweer voor die vraag te stuit: Waarom?
1 in stock
Tafelberg Uitgewers
Eerste uitgawe eerste druk 1983
Hardebandboek, omslag van boek toon verweer, vlek merkies op verskeie blaaie
Bandontwerp: Catherine Stock