Description
Tafelberg Uitgewers
Eerste uitgawe 1998
Sagteband nog soos nuut kraakvars
Illustrasies: Marthinus la Grange
Omslagontwerp: Simon Ford en Susan Theron
Original price was: R120.00.R90.00Current price is: R90.00.
Annerkant-die-berg se wynmaker, Jakoos van die keller, maak wyn wat niemand wil koop nie. Te blêrrie suur, sê Pointsettia van Madeiera, oervertrooster van manne. Hy moenie skouwyn maak nie, hy moet drinkwyn maak – met dieselfde passion waarmee hy by haar in die Double Storey kuier.
Maar hy sal hom met roer, want Oujuffrou het klaar die dorp se eerste wynfees begin reël, met standbeelde wat gaan wyn spuit. En die beeldhouer het reeds opgedaag – ‘n vroumens uit die Kaap op ‘n trapfiets!
Die eerste aand al val sy by Voetjieshang in en bestel ‘n glas wyn. Ongehoord, ‘n vrou in die kroeg. Die manne is skoon op hule bek geval. Net Bertie Goeters nie. Die wynboer skuier sy doppendam eenkant toe en sê: gee daar vir ons ‘n bottel wyn Annerkant.
Annerkant-die-Berg is Dine van Zyl se prosadebuut. Dié wynskrywer, stigter van een van die eerste wynproeklubs in die land, kosskrywer, joernalis en storieverteller soos min, kén die wêreld annerkant-die-berg: valleie vol wingerd, wynmense, tiere met kolle, en baie legendes…
2 in stock
Tafelberg Uitgewers
Eerste uitgawe 1998
Sagteband nog soos nuut kraakvars
Illustrasies: Marthinus la Grange
Omslagontwerp: Simon Ford en Susan Theron