Description
Human & Rousseau
Eerste uitgawe 1985
Hardeband met mooi stofomslag, ou bibboek met stempels en sakkie
Original price was: R70.00.R55.00Current price is: R55.00.
As die leeu brul is ‘n politieke drama wat ‘n paar jaar in die toekoms in Suid-Afrika afspeel. ‘n Sluipmoord word beplan om die Suid-Afrikaanse President om die lewe te bring tydens ‘n uiters belangrike aankondiging in die Parlement wat die toekoms van die land ingrypend sal verander.
In die drie uur voor die aanslag maak ons kennis met die mense naaste aan President Theuns Kruger. Daar is die President se vrou, Ralie, sy tienerkinders Lizette en Tjaart, die verbitterde opposisie-leier Inus Gerber en sy beeldskone, maar ontroue vrou, Bernadine.
Die fanatiese opposisielid, Roelf Steenkamp, verberg ‘n geheim wat hom tot uiterstes kan dryf. Paul Molefe, die swart leier met wie die President ‘n ooreenkoms het om die aankondiging te maak, wag om te sien of sy bloedbroer sy belofte sal nakom.
En dan is daar die sluipmoordenaar, Gavin Paterson, meesterskut, vermomkunstenaar sonder gelyke en alleenloper, wat jare se verontregting in hom saamdra en al etlike wêreldleiers om die lewe gebring het.
Die man wat die aanslag moet verhoed, is die veiligheidshoof Brigadier Barend Benade, getroue vriend van die President. Sal hy Paterson kan keer? Sal die sluipmoordenaar sy briljante plan kan uitvoer of sal hy ‘n fout maak wat Benade op sy spoor sal bring? Wie sal uiteindelik in die raadsaal sterf?
As die leeu brul, is ‘n boeiende, aangrypende realistiese verhaal met ‘n verrassende ontknoping…
3 in stock
Human & Rousseau
Eerste uitgawe 1985
Hardeband met mooi stofomslag, ou bibboek met stempels en sakkie