Brumilda: vyftig, vurig & fabulous deur Annelize Steyn

R110.00

Brümilda van Rensburg is n magneet vir komplimente. Hoe lyk mens vir só lank goed? Waar kry sy haar styl vandaan? Hoe is sy op vyftig plus steeds n rolmodel vir twenty-something aktrises? En waar steek sy haar mojo-resep weg?

In Vyftig, vurig en fabulous gee Brümilda die antwoorde. Dis nie n outobiografie nie, maar dit gee die leser wél n kykie op wie sy is en wie haar help vorm het. n Inspirasieboek!

Brümilda verklap dat wie sy is iets te doen het met die verlede. Met mense en hulle invloed op haar lewe. Wie jy is, het baie te doen met wie jy jou omring en styl kan nie gekoop word nie. Brumilda het geleer dat enkellopendheid jou nie definieer nie, maar jou uitdaag. Dat wanneer jou paadjie nie noodwendig uitdraai soos jy hoop nie, die road less travelled soms ander verrassings bied. Die geheim tot sensualiteit, het iets te doen met denke, dade en leefstyl.

Lees en vind uit wat dit is! Brümilda se bates (innerlik én uiterlik) is binne jou bereik. Van vandag af kan jy stylvol, smeulend, vervuld en tydloos volvrou wees.

Out of stock

Description

Inspirerende gedagtes en vertellings van ‘n dinamiese, vol lewe.