Die Van der Merwes van Middendeel deur Victor d’Assonville en Nico van der Merwe
R150.00
Die Van der Merwes van Middendeel handel oor die geskiedenis van die plaas Middendeel, in die Boshoff-distrik, Vrystaat en sy mense, 1862 – 2008.
“O, Boereplaas, geboortegrond! Jou het ek lief bo alles…”. So klink die begin van ‘n ou volksliedjie wat al van lank gelede gesing word deur ons en ons voorouers. So ‘n boereplaas was Middendeel vir die afgelope meer as 150 jaar en die plaas is vandag nog daar. Daar het ‘n tak van die reuse Van der Merwe-familiegeslagte sedert 1862 geleef en gewerk en daar in ‘n tipiese Boerefamiliebegraafplaas, is pioniers van hierdie vrome geslag begrawe.
Die merkwaardige geskiedenis van hierdie mense en hulle plaas tussen Boshof en Petrusburg.
Hierdie boek gee ‘n oorsig van hierdie mense se geskiedenis – ‘n klein kultuurerfenis vir Middendeel se nageslagte om dit weer aan hulle kinders te vertel. Onwillekeurig dink ons aan die Skrifwoord wat ons oproep om ten eerste die Evangelie van Christus uit te dra: “Jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan… ” Deut. 6:7
2 in stock (can be backordered)