Clarence van Buuren: die man agter die donkerbril / Chris Marnewick

R120.00

Clarence Gordon van Buuren is in 1957 skuldig bevind aan die moord op Myrna Joy Aken en tereggestel. Hy hy tot op die einde skuld ontken. Die saak was opspraakwekkend om verskeie redes. Daar was beweer dat ‘n siener die lyk na ‘n seance opgespoor het. Daar was aanduidings van ‘n seksuele verhouding tussen Van Buuren en Aken. En daar was seksuele verminking van die lyk.
Vroue het buite die hof in lang rye gewag om die verhoor by te woon en het mekaar vertrap wanneer die deure oopgegaan het. Van Buuren het met van hulle flirteer tydens die verhoor.
Die getuienis wat in die hof gelei is, is net die punt van die ysberg. Die polisiedossier vertel veel meer. Inligting dui daarop dat Van Buuren ‘n narsissistiese psigopaat was en ‘n sadis wat veral vroue geteister en gemartel het. ‘n Emosionele vampier. ‘n Sadistiese seksmoordenaar. Maar daar was niks hiervan in die hofsaak nie. Ook nie in die koerante nie.
Die saakrekord het op al die plekke waar dit bewaar moes word verdwyn – die hof, die App?lhof, die Prokureur-Generaal se kantoor en die provinsiale argiewe. Die outeur het dit by die nasionale argief opgespoor in 2010 nadat dit vir meer as 60 jaar uit die oog was. Dit moes eintlik lankal vernietig gewees het, maar die speurder het dit gehou en sy weduwee het dit vir die outeur gegee. Die speurder het geen persverklarings gemaak nie en die inhoud van die dossier is steeds geheim. Die dossier spreek van ‘n deeglike polisieondersoek.

Die outeur skryf die boek op twee bene: Wat werklik gebeur het soos deur hom gerekonstrueer. En hoe hy na 50 jaar se belangstelling in die saak uiteindelik die dossier opgespoor het. – Proteaboekhuis.com –

1 in stock

SKU: BIO.ELV.012/1/24; BIO.FIR.004/12/18 Categories: ,

Description

Uitgewer: Protea Boekhuis

Datum: Eerste uitgawe, eerste druk 2012

Toestan: Hardeband met glansvoorblad boek splinternuut