Die buitepos / C.P. Favre

R100.00

Op twintig jaar voel dit of die lewe vir altyd kan aanhou. Die dood is vir ander, logies as dit die vyand tref, onverstaanbaar as dit ‘n vriend wegneem, ondenkbaaar vir jouself. Dit is geen blinde geloof in jou eie onoorwinlikheid nie, maar dis slegs die koors van die jeug. Die dood? – Hy kan elke oomblik toeslaan, binne die volgende oomblik. . .  Wat help dit om hom te vrees? Vrees? Dit is slegs iets vir die lafhartiges, vir die wat geen durf het nie, vir hulle wat week is van binne. – Deur die stryd binne te storm, alles te gee wat in jou is, word die vrees ‘n brose seepbel wat bars…

Die skrywer van hierdie insiggewende roman het na sy deelname as partisaan aan die Tweede Wêreldoorlog as vrywillige in Indo-China gaan veg. Later word hy offisier in Saigon en bevelvoerder van ‘n spesiale kommando. Talle eretekens is aan hom vir besondere dapperheid toegeken. Hy keer in 1954 na Frankryk terug en word in die een militêre betrekking na die ander aangestel. Onder andere was hy vier jaar lank professor by ‘m militere skool in Frankryk voordat hy in 1963, met die rang van Majoor op eie versoek sy ontslag uit die leër ontvang het.

 

1 in stock

SKU: FIKSIE.BKR.001/6/19 Categories: ,

Description

Tafelberg Uitgwers

Afrikaanse uitgawe 1967

Hardeband met stofomslag boek in puik skoon toestand