Die florentyn: Die verhaal van Leonardo da Vinci / Leon Rousseau

R110.00

Om die lewe van die merkwaardige Leonardo da Vinci het Leon Rousseau hierdie boeiende historiese roman geskryf. Dit strek die outeur tot besondere eer dat hy  uit sy boustowwe met soveel oorgawe en so delikaat onderskeidend ‘n dramatiese verhaal ineen kon weef wat met ‘n enkele woord of  sin soms vir die volwasse, sowel as  jeugdige leser, ‘n intieme beeld optower uit daardie veelbewoë jare. Maar Die Florentyn geen nie net ‘n breë en insiggewende blik op ‘n  reuse-figuur nie;  ook nie net op die geskiedkundige belangrike tyd  waarin hy geleef het nie… In die eerste plek is dit die aangrypende verhaal van ‘n mens. ‘n Tragiese gebrek het Da Vinci se lewe  oorheer en hom tot op sy sterfbed gevolg met die kwellende gedagte dat hy sy kragte nooit ten volle benut het nie. Hierdie gebrek is die tema van die Die Florentyn.

Hy was die skilder van Die laaste avondmaal en die Mona Lisa, twee van die wêreld se beroemdste kunswerke. Vyfhonderd jaar voor die Wright-broers het hy die beginsels  van vlug neergelê en toestelle gebou wat sou gevlieg het as hulle  met masjiene toegerus kon word. Dit is egter maar twee fasette van hierdie merkwaardige mens, die veelsydige produk van die Renaissance en miskien die grootste genie wat ooit geleef het…

1 in stock

SKU: BIO.COR.005/7/20 Categories: ,

Description

Uitgewer: Tafelberg

Datum: Derde druk 1962

Toestand: Hardeband met stofomslag in mooi en skoon toestand, biblioteekstempel op titelblad, boek verder soos nuut, verf op agterblad afgetrek waar plakker verwyder is.